Wie is ons

Leer ons personeel wat met jou kind werk, beter ken

Eienaar

Karyna le Roux

Kinderkinetikus en mamma van 5

Met 'n liefde vir kinders en ‘n passie vir beweging en ‘n liefde vir die lewe begin Karyna haar eie Kinderkinetika praktyk in 2011.  Karyna is 'n gekwalifiseerde en ervare Kinderkinetikus wat elke dag haar roeping uitleef. Haar liefde vir oefen, beweeg en mense stel haar in staat om haar werk voluit te doen en haar beroep met oorgawe te beoefen.  Sy voltooi ook talle kursusse waaronder spelterapie, musiekterapie, gimnastiek- en ander sportafrigting, SNAP Outisme kursus, Colourstrings Associate music teacher opleiding, Primitive Reflexes  asook noodhulp en leierskapkursusse. Karyna het ook ‘n Biolink Attentiona Training sentrum by die praktyk en sy is ‘n gekwalifiseerde NBI Breinprofiel praktisyn.

Kwalifikasies:

  MA Kinderkinetika (NWU 2013)

  BA Honneurs Kinderkinetika (NWU 2010)

  BA MBW en Psigologie (NWU 2009)

  NBI Breinprofiel Praktisyn

  Biolink fasiliteerder

Praktykbestuurder

Natasha Adriaanse

Kinderkinetikus

Natasha is 'n energieke bondeltjie wat altyd vrolik is. Haar passie en liefde vir kinders is aansteeklik. Sy kan enige kind motiveer om saam te speel en pret te hê. " Een van my passies is om die geleentheid te hê om kinders, groot en klein, te leer deur spel. Om die verskil te kan raaksien wat ek maak in hulle lewens. Om 'n plek vir hulle te wees waar hulle waarlik hulself kan wees". Natasha wil hê kinders moet meer van hulself leer en nuwe hoogtes bereik in hul vaardighede. Haar ander passies is lees, kuns, sing en musiek. Sy is doelgerig, lojaal en het 'n groot liefde vir mense.

Kwalifikasies:

  BA Honneurs Kinderkinetika (UVS 2016)

  BA MBW en Psigologie (UVS 2015)

  Biolink fasiliteerder

Finansies

Innecke Dednam

Mamma van 2

Kwalifikasies:

  Bcom Rek (NWU 2009)

  Belastingspraktisyn

Admin en Sosiale media

Alicia Rossouw

Juffrou by hart

Kwalifikasies:

  BEd Grondslagfase (AROS 2019)

Kontak ons

Kantoor
064 680 0809

Wil jy meer van ons hoor?

  • Facebook
  • YouTube
  • Instagram

© 2020 Karynakinetika